top of page

Hoekom 'n blog?

Wat sou die rede wees dat 'n doodgewone Ma 'n blog begin? Miskien wou ek jou wys dat dit wat in jou huis gebeur eintlik heel normaal is. Miskien was dit vir my nodig om soms van jou te hoor dat dit wat in my huis gebeur ook meestal normaal is. Dalk kan ek jou bietjie help en dalk kan jy my bietjie help en so saam-saam kan ons die mensies in ons lewe grootkry. Party dae gaan ek egter sommer die soet of die suur van die lewe deel en dan lag of huil ons net bietjie saam. Hoop jy het lus om die pad met my te stap. 

 

Liefde

'n Doodgewone Ma

xx

​Deel jou storie met my...

 

Your details were sent successfully!

bottom of page