top of page

'n Ma verlang na vol sinne...


Dit is was die wonderlikste dag toe ons kleinding woordjies begin sê. Ek het die woorde in elke sin getel en notas van die oulike uitsprake gemaak. Super trots is ‘n under statement vir my gevoel toe hy drie of vier woorde in ‘n sinnetjies praat. Hulle het langer geword en die woorde meer. Mettertyd het ek ‘n kleintjie gehad wat onophoudelik gepraat het. Hierdie neiging hou toe vir jare aan. Later het ek tog soms gewonder of ek die kind se mond kon toeplak om self net bietjie dink tyd te kon hê. Selfs net ‘n spreekbeurt sou vir my ‘n bederfie wees. Toe eensklaps, wat voel soos oornag, raak die kind se woorde mos op, verdwyn in die niet. Saam met hope ander nuwe kenmerke kom sy gebrek aan woorde. My vrae word beantwoord met: “Dis reg; ja dit was; nee dit was nie; mmmm; en, ja.” Ek word nou die aanhoudende prater, probeer geselsies uitlok en praat lang sinnetjies. Helaas, dit blyk die kind se woordeskat is geheel en al onder aanval van tienerwording…sleg bromme en gromme bly oor. Ek smag na my kleinman met die baie gesels…

‘n Ma is egter dankbaar vir die klein sprankies hoop in die lewe. Vanmiddag besig met aandete voel ek twee hande wat die pastei deeg uit my hande neem. Die hande knie en rol die deeg uit. Hy druk dit sagkuns uit in die pan en vra die res van die pastei bestandele. Wyl ons so, sy aan sy werk, kom vier, vyf selfs sewe woorde per sin uit sy mond. Ek koester elke enkele woord soos van ouds. Hy druk die kos in die oond, was hande, kry sy skewe seunskind glimlag en sê: So ja, vanaand kry ek ‘n ekstra skeppie vir al my harde werk.

‘n Ma glimlag terug en blaas ‘n soentjie. Toe hy uitstap borrel hopeloos te veel woorde van dankbaarheid uit ‘n Ma se mond. Sy sê vir Hom dankie vir klein skeppies hoop sommer so op ‘n gewone dag. ‘n Ma het weer moed en sy sien selfs kans vir woordelose weke wat mag volg…;-)

Word deel van hierdie blog familie!

Wees die eerste om 'n nuwe storie te lees!

Recent Posts
Search By Tags
No tags yet.
bottom of page