top of page

'n Ma kry self 'n preek


Die motor ruik na gras en kleinseuntjie sweet. Ons is op pad terug van sy rugby en hy is nogal in ’n luim vir gesels.

Die voorreg is my nie altyd beskore, aangesien ’n Kleinman maar min, veral in die motor, lus het vir kuier. Hy lees die koerant opskrifte op die lamppale en sê ewe: “Mens kan ook net hartseer voel as jy al die goed lees.”

Ek beaam dit en wonder by myself hoe sy toekoms eendag sal lyk. Sonder om regtig te dink, spreek ek my gedagtes hardop uit sê: “Ai seuntjie, julle moet maar eendag julle self bekwaam en dan die pad vat, landuit. Ek dink julle sal beter vaar oorsee.”

’n Kwaai frons plooi tussen die bruin oë toe hy praat. “En wie sê miskien nie vir Mamma dat Pappa God ’n plan vir my het in die land nie, dalk kan ek ’n verskil maak.” Ek glimlag half sinies en besluit om dit daar te laat. Kleinman is nog nie klaar.

“Ek weet mamma dink ek is nog klein, maar ’n klein knippie sout kan die smaak van ’n groot pot kos verander.” My oë rek voordat dit vol trane raak.

’n Natgeswete, rooiwang Kleinman sit ’n ma op haar plek. By die huis neem ek die gesiggie in my hande, soen hom op die kop sê: “Dankie, my engel. Jy weet, jy is heeltemal reg, van nou af gaan ek intensioneel, daagliks, waar ek gaan sout probeer wees.” Hy glimlag en spring, rugbybal onder die arm, uit die motor.

Ek bly agter en vra Hom: “Here, tans is dit nie heeltemal so maklik om positief te wees, of lewe te spreek in die land van ons nie. Help my asseblief om saam met Kleinman sout te wees wat werklik ’n verskil maak in ons mooi, dog hartseer land. Amen.”

Matthew 5:13-16 The Message (MSG)

13 “Let me tell you why you are here. You’re here to be salt-seasoning that brings out the God-flavors of this earth. If you lose your saltiness, how will people taste godliness? You’ve lost your usefulness and will end up in the garbage.

Word deel van hierdie blog familie!

Wees die eerste om 'n nuwe storie te lees!

Recent Posts
Search By Tags
No tags yet.
bottom of page