top of page

Moedige Kleinman


Die gesiggie wat my begroet is een van moedeloosheid. Die mank, drentel-stap waarmee hy motor toe kom laat my moed ook teen snelle pas sak.

Die duim wat hy in die eerste week van die vakansie gebreek het, het nog ‘n stut aan, en ek sien nie kans vir nog beserings nie. ‘n Kleinman val behoorlik die motor in met ‘n swaar sug. Voor ek kan vra, kom ‘n tranerige stemmetjie: “Hulle het die stupid gras natgemaak en toe ek wil skop gly ek en nou lyk my groottoon so…” Ek kyk na ‘n vetter as gewoonlik groottoon en herleef weke terug se duim tragedie weer van voor af.

Ek gee die nodige simpatie, maar kan sien dat my kuiltjie-kind se spoed nou gebreek is. Klein deurdrukker het met gebreekte vinger en al steeds saans gaan draf en rugby oefeninge gaan bywoon. Nou, met die hokkie seisoen wat aanbreek, en hy so opgewonde daaroor is, is ‘n opgeswelde groottoon uiters onnodig.

Amper tuis waag ek dit: “Boetie, wil vir my voel of die simpel satan probeer om jou moed te breek?” Die ernstige gesiggie staar voor hom uit en sê: “Dit voel bietjie of hy regkom…” ‘n Ma moet haar woorde so mooi kies en ek vra: “Gaan jy dit regtig toelaat seuntjie?”

Saggies kom die stemmetjie met ‘n vers wat ek ‘n paar jaar gelede al vir my drie geleer het.

“No weapon formed against me shall prosper, and every tongue that shall rise against me in judgment you shall show to be in the wrong. This is the herigtage of the servants of the Lord.”

‘n Betraande ma gee ‘n Kleinman ‘n hi five en al wat sy kan uitkry is: “Well done boetie, teen sulke geloof is daar nie ‘n kans vir moedverloor nie.”

Die aand gaan oefen ‘n Kleinman hokkie met die stywe, dik toon. Vanmôre lyk dinge stukke beter en ons kan ontspan dat hierdie net sleg verstuit is en ons nie weer met ‘n breek te make het nie.

In die motor voor die skool vanmore vat ek die gesiggie in my hande en sê: “Brawe man van God, hoe lyk daai moed vanmôre?”

Die kuiltjies is terug, ek kry ‘n soen, ‘n thumbs up met die duim wat nog in ‘n stut is terwyl hy sê: “ Vol moed dankie!”

Op pad huistoe voel ek dankbaar. Ek vertel Hom hoe bly ek is dat ons Sy Woord het waarmee ons, ons kinders kan grootmaak, daarsonder is ek nie mooi seker ek wil ooit wees nie.

Mede-Mamma, voer hulle gerus bietjie Woord kos ook, begin sommer al kleintyd, jy’t ongelukkig nie te veel tyd nie. Dis nie tieners meer so cool om saam hul ma versies op te sê nie, maar dit wat reeds in die hart vasgelê is sit vir altyd.

Isaiah 54:17 (Amplified)

But no weapon that is formed against you shall prosper, and every tongue that shall rise against you in judgment you shall show to be in the wrong. This [peace, righteousness, security, triumph over opposition] is the heritage of the servants of the Lord [those in whom the ideal Servant of the Lord is reproduced]; this is the righteousness or the vindication which they obtain from Me [this is that which I impart to them as their justification], says the Lord.

Word deel van hierdie blog familie!

Wees die eerste om 'n nuwe storie te lees!

Recent Posts
Search By Tags
No tags yet.
bottom of page