top of page

'n Ma se kampvriendin...


Die laaste aand van ons vakansie by die vakansie-oord, loop ek die skattige driejarige by die opwas raak. Ons gesprek begin met haar wat eers tjoepstil agter my staan en later saggies vra of sy saam met my mag skottelgoed was. Ek tel haar op en gee haar twee, reeds skoon, bakke om te was. Sy voel baie gelukkig en huppel ,gesels-gesels, saam my na ons karavaan toe. Ek beduie aan haar ma wat naby ons kamp, dat ek haar wys waar ons bly en vinnig terugbring. Min het ek toe geweet dat jy vir Poplap nie so vinnig afskud nie. Sy kuier heerlik by ons, bietjie later die aand sê sy dat sy ook sommer daar gaan eet en beduie vir my op watter bed sy dink sy moet slaap. Ons verf haar naels en toonnaels en vir die res van die aand maak sy haar op my skoot tuis. Wanneer sy ietsie wil hê, wat sy dink ek dalk nie voor sal instem nie, dan kreukel sy haar neusie, vat my gesig in beide klein handjies en sê liefies: “ Maar ek is mos jou maatjie, nè?” Alle weerstand van my verkrummel, hoe dan anders. Na vreeslik baie moeite en vele probeerslae kon haar mamma haar wegrokkel na hul eie karavaan heelwat later die aand. Die interaksie met die klein mensie laat my dink aan my verhouding met Hom. Hy wat nie omgee as ek so agter hom aan tou, soms al kermend, en so baie van Sy tyd in beslag neem nie. As ek aanhou vra laat hy my tog soms help, hoewel Hy reeds alles onder beheer het...Laat my dink ek was vuil skottelgoed, maar eintlik was ek skoon bakke oor en oor. Hy weet egter dat dít my sal laat voel of ek iets beteken. Maak ek myself tuis in Sy arms en op Sy skoot, het hy net onvoorwaardelike liefde en geduld met my...altyd. Sou ek dink dat ek Sy besluite so effe kan manipuleer met ’n kreukel neusie en liefie stemmetjie, hoef ek sommer met een kyk in sy liefdevolle oë te weet dat wat Hy besluit onwrikbaar staan. Ek sak dan maar tevrede terug teen Sy groot bors en berus by al Sy goeie planne en besluite...Dankie my klein kamp vriendin jy het my weer aan ons hemelse Pa se ongelooflike kwaliteite herinner...;-)

Word deel van hierdie blog familie!

Wees die eerste om 'n nuwe storie te lees!

Recent Posts
Search By Tags
No tags yet.
bottom of page