top of page

'n Ma se hartebede vir haar land...


Here, hulle verwys na haar as rommel, wil haar vir die wolwe gooi en my hart voel bedroef. U weet dat ek op haar heup groot geraak het.

My tone stukkend gestamp het teen haar ruwe Noord-Kaap klip. Modderkoekies met haar gladde kleigrond gemaak het, wyl haar sagte sonstrale knus oor my die wag gehou het. By haar het ek geleer dat verskillende kulture wel kan saamwerk, nie sonder struweling nie, maar tog. Krake was en sal daar altyd wees, maar wie is perfek?

Ek vrees vir haar lewe, Here, en kan my nie eens indink sonder haar nie. Sy moet nog my kinders grootmaak, moet hulle nog so baie wysmaak wat hulle nie van my kan leer nie. Op hierdie môre flikker die hoop vir my egter te effentjies. Ek word beangs as ek na alles om my luister. Met die bang in my keel wat my wil smoor, vlug ek dan na my plekkie naby U. Vra ek U, om versagtende omstandighede vir haar, ek smeek dat U haar die kans sal gee om te wys hoe sterk sy is.

My hart breek voor U wyl ek dink aan die baie wat haar al moes agterlaat. Geen veroordeling vir hulle nie Here, hulle het gedoen wat hul geglo het die beste was... en dalk was dit. Ek soebat in U ore vir ‘n antwoord, ‘n gerusstelling, iets om aan vas te hou en klou... verbete. U lei my na:

Psalm 46 The Message: Song of the Sons of Korah 46 1-3 God is a safe place to hide, ready to help when we need him. We stand fearless at the cliff-edge of doom, courageous in sea storm and earthquake, Before the rush and roar of oceans, the tremors that shift mountains. Jacob-wrestling God fights for us, GOD-of-Angel-Armies protects us. 4-6 River fountains splash joy, cooling God’s city, this sacred haunt of the Most High. God lives here, the streets are safe, God at your service from crack of dawn. Godless nations rant and rave, kings and kingdoms threaten, but Earth does anything he says. 7 Jacob-wrestling God fights for us, GOD-of-Angel-Armies protects us. 8-10 Attention, all! See the marvels of GOD! He plants flowers and trees all over the earth, Bans war from pole to pole, breaks all the weapons across his knee. “Step out of the traffic! Take a long, loving look at me, your High God, above politics, above everything.” 11 Jacob-wrestling God fights for us, GOD-of-Angel-Armies protects us.

Here, en ek dink, as my land in U hande is dan sal sy mos oorleef... U ken haar, U weet wat in haar steek, U maak mos nie rommel nie. Dankie my Koning vir U bemoediging in ‘n donker tyd. Ek klou... Amen.

Word deel van hierdie blog familie!

Wees die eerste om 'n nuwe storie te lees!

Recent Posts
Search By Tags
No tags yet.
bottom of page