top of page

'n Ma en Tiener sien die grootmenslewe wink...


Die bruinoog tiener het sy eerste formele funksie, dit voel vir my na die nommer elf voete se eerste tree in die grootmenslewe.

My hart maak vreemde galoppies, oë voel soos dammetjies wat wil-wil vloed en my gedagtes karring terug na ‘n tyd toe ek so oud was.

Ek herinner hom aan goeie etiket voor die meisie terwyl hy terselfdertyd ewe taktvol my daarop wys dat trane onnodig is op die dag. Ek glimlag. Hoe kan hy verstaan van die alewige bekommernis in ‘n ma se hart dat hy iewers op die lewenspad sal seerkry? Hy sal nooit die diep, versteekte vrees ken van ‘n ma wat weet dat iewers, eendag gaan hy haar ‘verruil’ vir ‘n ander vrou nie. Die dankbaarheid weet van ‘n ma wat sien haar kind het heel aan die anderkant van ‘n moeilike pad uitgekom.

Toe hy in die gang verskyn, só smaakvol aangetrek en vir sy ma die mooiste ding ooit, neuk dit om die water wat in my oë opdam binne te hou. Hy stem teen sy natuur in vir ‘n fotosessie en in die motor op pad om sy maat vir die aand op te laai het ons ‘n kosbare tydjie saam wat ek vir baie lank in my hart sal bewaar. Ek het hom erg in die steek gelaat met die trane, toe ek sy maat vir die aand sien. Sy het voor my groot geword en om die pragstuk te sien was een te veel vir ‘n ma se reeds oorvol hart.

‘n Aand het goed verloop en na die funksie het ‘n Tiener tussen my en die Hoof in die bed gespring. Ons het sjokolade geëet en nabetragting gehou. Ek kon sien dat hy die eerste tree in die grootmens wêreld baie beter hanteer het as ek en voel trots. Vanoggend, net voor my stiltetyd, ontvang ek die volgende van ‘n vriendin:

Psalm 139 NLT

1 O Lord, you have examined my heart and know everything about me. 2 You know when I sit down or stand up. You know my thoughts even when I’m far away. 3 You see me when I travel and when I rest at home. You know everything I do. 4 You know what I am going to say even before I say it, Lord. 5 You go before me and follow me. You place your hand of blessing on my head. 6 Such knowledge is too wonderful for me, too great for me to understand!

7 I can never escape from your Spirit! I can never get away from your presence!

Ek bid dit oor en vír my seunskind. Hy ken my kind beter as wat ek doen, Hy het hom liewer as wat ek het en sal Hom beter oppas as wat ek ooit kan...

My bruinoog, mag die treetjies in die grootmenswêreld ‘n fees wees en mag jy altyd met ope arms verwelkom en ontvang word. En jammer, jou ma gaan oor elke liewe tree traan, dis nie ‘n skande nie, dis haar liefde vir jou wat so uitdrup...


Word deel van hierdie blog familie!

Wees die eerste om 'n nuwe storie te lees!

Recent Posts
Search By Tags
No tags yet.
bottom of page